
“Hy was nog warm toe ons op die hartseer toneel van ’n jong man afgekom het,” het een van die SACCW (South African Community Crime Watch) gesê oor die liggaam wat by ’n naby geleë riviertjie van die Klipfontein dammetjie gevind is.
Op 9 April om 14:30 is daar ’n histeriese oproep gemaak aan SACCW dat dit blyk daar ’n liggaam tussen die grasse in Pioneerstraat lê.
Die nodige dienste is toe na die toneel ontbied waarop ER24 ambulansdienste dit wat lyk soos ’n jong man, dood verklaar het.
Die familie is op sosiale media getroos na hul die nuus ontvang het dat “Heini” hul broer dood is.
Die gesin was besig om die liggaam van Heinrich Eiman uit te ken toe WITBANK NUUS hul gekontak het.
Daar is ’n geregtelike doodsondersoeksaak geopen by die Witbank Polisiestasie.
Gaan na die webtuiste van www.witbanknews.co.za om die verloop van die storie te volg.
