Local newsNews

Gaan maak ’n draai by die geskenkemark

Kom snuffel gerus deur die mark vir pragtige handgemaakte items, dekor en lekker eetgoed.

Dit is weer tyd vir die NHK Suid-Oos Witbank se Geskenkemark. Die mark word gehou met die oog op Moeder- en Vadersdag, of om ’n geskenkie vir ’n spesiale persoon te kom koop.

Kom snuffel gerus deur die mark vir pragtige handgemaakte items, dekor en lekker eetgoed.

Dit is die reeds die negende jaar wat die mark gehou word, en die produkte beloof, soos in die verlede van hoogstaande gehalte te wees.

Daar is ook ‘n teetuin met heerlike kos, gebak en drinkgoed.

Bring gerus u familie en vriende saam en kom kuier lekker saam met mekaar.

Die wins van die mark word aangewend vir gemeenskapsdiens en ’n groot gedeelte word aan RATA maatskaplike dienste geskenk.

Die mark is op die hoek van Theunis Janson- en Hans Strydomstraat (0orkant Midas Klipfontein) en begin 24 April tot 4 Mei.

Die mark is elke weeksdag oop van 09:00 tot 19:00, Saterdae vanaf 09:00 tot 14:00 en Sondag, 28 April sal die mark gesluit wees.

Gaan besoek gerus die “Facebook” blad onder “Geskenkemark” om na foto’s te kyk van vorige jare se markte.

Vir enige navrae : Annelien Hartman by 082 512 9849

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button