Local newsNews

Lokval gestel vir inbreker

’n Saak is by die polisie aanhangig gemaak en word tans steeds ondersoek

’n Vermeende inbreker is vasgetrek toe hy by ’n plot koperkabels gesteel het.

Mnr. Attie van Wyk, reaksielid van die buurtwag en inwoner van die perseel, het vertel dat hulle die verdagte Saterdagaand 6 April vasgetrek het, nadat hy besig was om koperkabels te steel.

“Hulle steel reeds vir die afgelope drie weke ons hekmotors, so toe sit ons en wag vir hulle. Ons het die verdagte vasgetrek toe hy besig was om die beligting se drade uit te haal. Ons het sesvoet mure met lemmetjiesdraad bo op, so ons weet nog nie hoe hulle toegang gekry het nie. Ek het die man gevra waar hy oorgeklim het, maar het my nie geantwoord nie,” het Van Wyk vertel. Hy het bygevoeg dat daar beslis meer as een verdagte was, alhoewel die ander een vermoedelik weggekom het. Hy het ook gesê dat die verdagte gesê het hy kom van MNS plakkerskamp af. “Ons het die koperkabels in sy besit gekry toe hy gearresteer is.”

’n Saak is by die polisie aanhangig gemaak en word tans steeds ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button