Local newsNews

Basaar begin die Vrydag by NG Witbank Klipfontein Basileia Gemeente

Die gemeente voorsien ook elke jaar wintersklere aan die gemeente se ses kinderhuise

Die NG Witbank Klipfontein Basileia Gemeente skud hul vere reg vir ’n basaar wat die naweek oor twee dae strek.

Die basaar vind Vrydag 26 April tussen 13:00 en 20:00 en Saterdag 27 April tussen 08:00 en 14:00 plaas.

Dié basaar word terug geploeg in die kerk se voedselprojek waarvan die oorhoofse koste R25 000 per maand is.

Daar word maandeliks kos aan 380 mense gegee.

Die gemeente voorsien ook elke jaar wintersklere aan die gemeente se ses kinderhuise.

Dié projek kos tussen R80 000 tot R90 000 per jaar.

Vrydag word ingekleur met ’n meganiese bul, die ‘rocket’ wat jou 4.5m opsuig, springkastele en allerlei ander bedrywighede.

As jy dus nie lus is om na werk te gaan kook nie, maak ’n draai by die basaar waar die gemeente regstaan met kerrie en rys, pannekoek, rib burgers, worsbroodjies, ‘bunny-chows’, spiraal aartappels, koek en beskuit teen sakpaspryse.

Teen 18:00 gaan die braaivleisvure hoog brand en teen slegs R100 kan jy lekker kom smul aan steak, wors, pap, sous en slaai.

Vir manlief is daar wildsbiltong en droëwors te koop teen slegs R100 per kilogram. Die biltong is nat, klaar gegeur en gereed om te hang.

Kom maak jouself tuis in die koffietuin en kom geniet ’n koppie koffie en ’n stuk koek. Daar is skilderye deur Rozelle Cloete en Marius Nel op ’n stil-veiling. Die bot word 20:00 toegeslaan.

Inskrywings vir die babakompetisie sluit Vrydag om 20:00.

Whatsapp jou foto na 082 891 9089. Saterdag 13:00 word die wenners bekendgemaak.

Inskrywings is R80.

Saterdag skop af met ’n pretloop van 4.9km en pret fietsry van een uur.

Inskrywings is R20 en ’n nie bederfbare kositem en kan vanaf 06:30 gedoen word.

Die res van die dag is ’n volgeprop tot 14:00 met speletjies, ’n grimering demonstrasie, dansskool optredes en heerlike basaarkos.

Daar is kredietkaartfasiliteite beskikbaar.

Vir meer inligting skakel vir Martelize Bouwer: 013 697 4449.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button