Local newsNews

Eerste ‘spinning’ van nog baie

Sy het gesê dat hulle mik vir 1 000 kilometer vir volgende jaar en dat hulle opgewonde is om hierdie ’n jaarlikse instelling te maak

Ten aanloop van die 94.7 fietsresies wat binnekort plaasvind, het die CMR (Christelike Maatskaplike Raad) besluit om hul eie ‘spinning’ kompetisie te hou.

Dit het op Saterdag 6 April by Ben Fleur Boulevard plaasgevind en die gemeenskap is uitgedaag om deel te neem.

Anet Jansen, een van die organiseerders het met groot trots vertel dat die dag ’n reuse sukses was.

“Dit was ons eerste ‘spinning’ kompetisie, maar ons is tevrede met die fondse wat ons kon insamel. Ons hoop om elke jaar net te groei, maar ons is tevrede met die goeie uitkoms die jaar. Ons het 51 deelnemers gehad wat altesaam 330 kilometer getrap het. Die kampioen vir die mans was Frans Steenkamp wat 6.8 kilometer in 10 minute gedoen het en vir die vroue was dit Biance Louw wat 6.7 kilometer in 10 minute gedoen het,” het Anet Jansen gesê.

Sy het gesê dat hulle mik vir 1 000 kilometer vir volgende jaar en dat hulle opgewonde is om hierdie ’n jaarlikse instelling te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button