Local newsNews

Rowers hou ‘fees’ oor Paasnaweek

In die eerste voorval het vier gewapende mans toegesak by ’n vulstasie in die Sentrale Besigheid Gebied (SBG)

Lang naweke is ’n fees onder kriminele in eMalahleni.

Op Sondag 21 April het rowers by twee verskeie besighede beroof.

In die eerste voorval het vier gewapende mans toegesak by ’n vulstasie in die Sentrale Besigheid Gebied (SBG).

Op daardie stadium was ’n weerlose dame aan diens en moes die gebeure alleen deurmaak waar die vier mans aggressief aangedring het op kontant, sigarette en haar selfoon.

Die booswigte het daarin geslaag om op vlug te slaan met ’n onbekende bedrag kontant en goedere van die winkeltjie.

Later die middag op dieselfde dag het nog ’n besigheid onder rowers in die Industriële gebied.

Daar word beweer deur die slagoffer dat hy om 18:00 gaan kyk het of alles pluis was by sy besigheid toe hy deur twee rowers oorval is.

Die rowers het hom glo van beide kante af aangerand en sy waardevolle besittings van hom gevat en op vlug geslaan.

Nog geen arrestasies is gemaak nie, maar word ondersoek deur Witbank Polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button