Jag vir die pot of pot vir die jag
op 25 Mei kan jy en jou kroos lekker kultuur saam met hulle beleef.

Potjiekos het begin deel vorm van Afrikaner-kultuur toe daar in die Kaapkolonie begin kook is in swart gietysterpotjiepotte wat van kettings af gehang het oor die kombuisvuur.
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) Panorama is net so lief vir potjie soos enige ander egte Afrikaner, en op 25 Mei kan jy en jou kroos lekker kultuur saam met hulle beleef.
Tussen 09:00 en 14:00 hou die gemeente ’n Potjiekoskompetisie (in samewerking met New Beginning Farm Fresh Meats en Soutpansberg Wildsboerdery).
Skakel Estie by 082 312 8861 of estieveldman@gmail.com vir inligting oor inskrywings en staan ’n kans om ’n jaguitstappie vir twee jagters (twee nagte se verblyf en ’n bok) of ’n geslagde lam te wen.
