MunicipalNews

Kragbokse en soms bietjie water

Die munisipaliteit is genader vir kommentaar maar niks rakende die onderwerp is ontvang teen druktyd nie.

Kragbokse is noodsaaklik vir krag vir enige huishouding en so ook vir die buurt se krag.

Klagtes is ontvang van bekommerde inwoners rakende die toestand van die kragbokse in ons stad.

Onder andere is daar ’n kragboks naby Laerskool Kragbron en daar is klaarblyklik meeste van die tyd water om die boks.

Die kragboks naby ‘n laerskool.

’n Bekommerde inwoner het gesê:

“Hier is baie kinders wat oor die gras loop, wanneer skok ’n kind?”

In Hoëveldpark het ’n kragboks se deur vir ’n paar dae wawyd oop gestaan, selfs na Vrydagaand se windstorm.

“Die boks is geroes bo, so dit moet vervang word. Die deur staan reeds vir ’n paar dae lank oop,” het ’n ander inwoner gesê oor die kragboks in Beukelaan.

Die munisipaliteit is genader vir kommentaar maar niks rakende die onderwerp is ontvang teen druktyd nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button