Vir meer as vier weke verdra inwoners in eMalahleni die stank reuk van rou riool in hulle sitkamers saans en in die tuin daagliks.
“Ek persoonlik is so frustreer want ek en die inwoners om my kan net nie meer met hierdie stank saam lewe nie. Ons bly letterlik tussen rioolafval,” het mnr Paul Ackerman gesê.
Na menige inwoners aan die munisipaliteit se deure gaan aanklop het vir hulp oor die aaklige riool probleem in Minerva en Paul Sauerlaan het dit na vier weke glo op ’n einde gekom.
Op 25 Junie het die WITBANK NUUS na nóg ’n klagte self met die munisipale werkers by die probleem gaan praat, hulle het met versekerde woorde gesê dat die probleem uitgesorteer sal wees binnekort.
“Teen die tyd dat die munisipale werkers aan die verstopte dreine begin werk het, het die talle huise reeds skade gely,” het ’n inwoner, mnr Frans du Preez verduidelik.
Twee weke terug het dit aan dit al lig gekom dat verskeie goedere uit die verstopte pype en dreine gekom het, wat die aaklige riool probleem veroorsaak het.
Van oorpakke, vadoeke tot doeke is uitgehaal.
Die vraag is nou; Wat gooi jou buurman, familie of vriende in die drein af?
“Dus doen ons mede inwoners ’n beroep aan mekaar om te dink voor hulle iets net in die toilet afspoel of in hulle dreine in afdruk. Daar is al klaar so groot probleem met ons dorp en sy water, krag en riool probleme dat ons alles wel kan probeer om sulke goed te voorkom,” het ’n du Preez vriendelik versoek.
