Local newsNews

Ablaze tree die naweek op

Ablaze is ʼn groep van vyf kunstenaars, elkeen met sy eie unieke stem en persoonlikheid

Die sanggroep Ablaze tree die komende naweek by die Volle Evangelie Kerk op die hoek van Plumerstraat en Churchill-laan op.

Ablaze is ʼn groep van vyf kunstenaars, elkeen met sy eie unieke stem en persoonlikheid.

Die groeplede is Cecile van Zyl, Piet Erasmus, Charmaine Wessels, Andre Brummer (pastoor) en Marisa Labuschagne.

Saam maak hulle ʼn formidabele span wat Geesvervulde musiek na gemeentes, feeste, vroue-, mannekampe en oggendtees, ens. bring.

Hulle skryf self en maak musiek en liriek van hoogstaande gehalte.

Verskeie van Ablaze se musiek videos word tans op Kyknet en Kruiskyk gebeeldsend en is op die speellys van meer as 60 radiostasies regoor Suid-Afrika.

Omkring 14 Julie om 10:00 in jou dagboek en maak seker jy mis nie dié optrede nie.

Vir navrae skakel pastoor Kenny Jansen van Rensburg: 079 990 0960.

Die optrede is gratis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button