MunicipalNews

So tap vars riool weer in

WITBANK NUUS het al van 2016 konstant berig gelewer oor die haglike riool-probleem wat die inwoners oral in en om die steenkooldorp beleef

Na vele pogings om die munisipaliteit uit te kry vir ’n riool-probleem wat sedert 2016 bestaan, het die riool wat in ’n plaasdammetjie van mnr. Kat Smit inloop, na klagtes herstel geword.

WITBANK NUUS het op 5 Julie weereens berig gelewer oor die groot riool-probleem wat reg in die klein Olifantsrivier in na Loskop toe vloei, handuit geruk.

“Dit was nie twee dae nie, toe kom hier ’n span uit en maak die aangaande probleem reg. Sό opgewonde het ons toe die visdammetjie begin uittap sodat ek vars water kon intap, maar net twee dae na die tyd het die riool net weereens begin vloei,” het mnr. Kat Smit weer moedeloos gesê.

WITBANK NUUS het al van 2016 konstant berig gelewer oor die haglike riool-probleem wat die inwoners oral in en om die steenkooldorp beleef, maar tot op hede is dié riool-probleem nog die ergste.

Mnr. Lebohang Mofokeng, mediawoordvoerder van die Emalahleni Munisipaliteit het die volgende gesê na WITBANK NUUS weereens uitgereik het na hom vir kommentaar, “Ons is bewus van die saak en dus word die saak weer terug na die gebruikersafdeling verwys om die ondersoek na te gaan as gevolg van die herhaling van die probleem. Ons wag nog steeds vir die resultate van die ondersoek.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button