Local newsNews

Dokter Nolan is ook verlief op River

Dié klein vulletjie het hoefies en al dadelik in almal se harte ingeklouter

Dokter Nolan Landman se hart is ook gesteel. River het Donderdag 25 Julie by Witbank Veterinary Hospital gaan kuier waar Dr. Landman x-strale van haar beentjies geneem het.

River wat op 31 Julie gebore is, was skaars hoër as ’n liniaal en het almal by Riverview Stables behoorlik laat bontstaan.

Dié klein vulletjie het hoefies en al dadelik in almal se harte ingeklouter.

Haar beentjies is gebreklik, maar dit stop haar nie. River is amper ‘baas van die plaas’.

“Met die x-strale kan ons nou presies die omvang van haar kondisie sien,” het me. Yolandie Kemp Bezuidenhout gesê.

Mnr. Nicholaas Coetzer van Marx en Malan Ortopede kom loer ook gereeld in. Hy het verlede week gipsafdrukke van River se beentjies gemaak om die stutte te maak wat nodig is om haar beentjies mooi reguit te hou tot tyd en wyl haar ‘spesiale skoentjies’ van oorsee af kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button