Local newsNews

Wees bedag op wat om jou aangaan

Sy het ’n oog op die man gehou en hy het minute later met ’n bakkie se deur begin vroetel

’n Man het sy moses teëgekom toe hy by ’n voertuig probeer inbreek het.

Operasie-koördineerder van die South African Community Crime Watch (SACCW), Maureen Scheepers was besig met ’n persoonlike taak in Geringerstraat op Saterdag 17 Augustus toe sy ’n man sien drentel het by die voertuie in die parkeerarea.

Sy het ’n oog op die man gehou en hy het minute later met ’n bakkie se deur begin vroetel.

Scheepers het reaksielede geroep, en gesien hoe die persoon die kap van die bakkie se deur oopmaak en probeer gereedskap steel.

Reaksielede het opgedaag en die eienaar van die voertuig is in kennis gestel wat pas gebeur het.

Die verdagte is gearresteer en ’n saak is geopen by die Witbank Polisie.

Die publiek word aangeraai om bedag te wees op wat om hul aangaan en enige verdagte gedrag te rapporteer aan die Witbank Polisie Stasie by 013 6555 052.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button