Local newsNews

‘Mamma, ek is verkrag’

Daar is weer ’n skokkende vier verkragtingsake by Witbank Polisiestasie geopen die laaste week

’n Gebroke ma van eMalahleni het op ’n stemopname gehoor hoe haar dogter haar vertel dat sy verkrag is.

Op 27 Julie het hierdie boodskap glo by die slagoffer se ma uitgekom nadat haar dogter talle kere na bewering verkrag is.

Dit is nog nie bekend hoeveel keer sy glo deur haar werkgewer verkrag is nie, maar die polisie is besig om die saak verder te ondersoek.

Daar is weer ’n skokkende vier verkragtingsake by Witbank Polisiestasie geopen die laaste week.

Op 13 Augustus het nog ’n gebroke ma aan die polisie se deur gaan klop na haar twee-jarige dogtertjie haar glo vertel het dat drie seuntjies haar “daar onder seergemaak het”.

Die mamma het haar dogtertjie dadelik dokter toe geneem en laat ondersoek.

Nog ’n wrede daad is aan ’n 10-jarige seuntjie gedoen na hy glo verkrag is deur ’n ander seun in ’n skool in eMalahleni.

Die ouers het die saak gaan aanmeld by die polisie op 12 Augustus en word nou ondersoek deur die polisie.

Op 18 Augustus het ’n bekommerde ma haar dogter in die hande probeer kry, maar haar selfoon het net aangehou lui.

Die ma het toe glo besluit om self huis toe te gaan om te sien wat daar aangaan.

Met haar aankoms het sy haar dogter by die huis gevind en gevra hoekom sy nie haar oproepe antwoord nie.

Die 13-jarige dogtertjie het toe beweer sy is verkrag deur seuns in die area waar hulle bly.

Die slagoffer se ma het haar dadelik Witbank Polisiestasie toe geneem en ’n saak van verkragting geopen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button