Local newsNews

Bloues verwelkom netbalspesialis

Sy is ook onlangs aangewys as die afrigter van die jaar

Die Hoër Tegniese Skool se netbalorganiseerder, me. Magdeleen Dupper het met groot opgewondenheid, me. Theresa Rossouw by die bobaasbloues se netbalfamilie verwelkom.

Dit was op 18 Julie en Theresa is ’n baie bekende gesig by provinsiale en nasionale netbalgeleenthede.

Sy is ook tans die afrigter van die Sunbirds-netbalspan.

Sy is ook onlangs aangewys as die afrigter van die jaar.

Theresa het ’n passie vir netbal en sportontwikkeling en spog met ’n indrukwekkende resumé en baie jare se ervaring.

Sy sluit by die bloues as netbalvaardigheidspesialis aan.

Die bobaasbloues sien met groot verwagting uit na bobaasnetbal onder leiding van Magdaleen en Theresa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button