Local newsNews

VIDEO: River kort hulp

Raad van oraloor word probeer, maar dit lyk nie of dit suksesvol is nie

Soos ’n tipiese tiener kry die klein perdjie, River, gereeld raas.

Sy is amper drie maande oud en hap nou al te spelerig na alles, maar besef nie haar hap maak seer nie.

En sy is woelig.

Daar word nog steeds met River se beentjies gespook.

Sy was maar 30cm hoog met geboorte en is met gebreklike beentjies gebore.

Sy het darem 10cm gegroei.

Raad van oraloor word probeer, maar dit lyk nie of dit suksesvol is nie.

Mnr. Nicholaas Coetzer van Marx en Malan gaan nou probeer om vir haar ’n tipe gips aan te maak om die beentjies te help om reg te vorm.

River se mens-mamma me. Yolandie Kemp Bezuidenhout het gesê hulle is besig om vir haar ’n skoen te maak uit aluminium.

Indien nie een van die probeerslae werk nie, moet River Amerika toe gaan waar daar reeds baie sukses behaal is met perdjies net soos River.

“Ek probeer my bes om River in eMalahleni te hou. My hart breek vir haar. As daar enige iemand is wat raad het, kontak my asseblief,” het Yolandie gevra.

Yolandie kan geskakel word by 072 575 0459.

Kyk gerus na die video wat Sondag, 8 September van River geneem is op ons webtuiste www.witbanknews.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button