Local newsNews
Voorsorg vir spuite en glasstukkies tussen die rommel
Dit gebeur gereeld dat werkers se bene gesny word tydens die laai van die sakke in die vullistrokke

Die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit wil graag die publiek van eMalahleni versoek om voorsorg te tref met die wegdoening van gebreekte glas en gebruikte spuitnaalde.
Dit gebeur gereeld dat werkers se bene gesny word tydens die laai van die sakke in die vullistrokke, aangesien gebreekte glas in die vullissakke nie reg toegedraai is nie, of dat die oop naalde hulle steek.
Alle gebreekte glas en bottels moet asseblief met ou koerantpapier toegedraai word voordat dit in die vullissakke geplaas word.
Naalde kan in enige ou bottels gegooi word voordat dit in die vullissakke gegooi word.
Die publiek se samewerking word waardeer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
