Local newsNews

Voertuie en trokke bly die teiken Gesteelde trok teruggekry, kar steeds soek

Die slagoffer het aan die polisie vertel dat hy die voertuig in ’n geslote afdak parkeer het en toe hy die volgende oggend wakker word, was die Mazda Rustler nie meer daar nie

’n Trok wat in Tasbetpark gesteel is, is in Hertzogstraat teruggekry nadat die polisie en sekuriteitsmaatskappy hopeloos te vinnig op die diewe se spoor was.

’n Voertuig wat ’n dag tevore gesteel is, is steeds soek.

Op Woensdag, 4 September is die trok uit ’n erf gesteel.

Die slagoffer het vertel dat omstreeks 01:00 daardie oggend hy ’n geluid by die trok gehoor het en toe hy gaan kyk, sien hy hoe die trok by die erf uitgery word.

Hy het dadelik sy sekuriteitsmaatskappy en die polsie in kennis gestel en met samewerking van die twee, die trok in Hertzogstraat teruggekry nadat dit glo teen die sekuriteitsmaatskappy se voertuig gebots het.

Die verdagtes is te voet daar weg.

Op Dinsdag, 3 September is ’n voertuig uit ʼn erf in Reynorif gesteel.

Die slagoffer het aan die polisie vertel dat hy die voertuig in ’n geslote afdak parkeer het en toe hy die volgende oggend wakker word, was die Mazda Rustler nie meer daar nie.

Sake van voertuig- en trokdiefstal is by die Witbank Polisie geopen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button