Local newsNews

Deurnag-bergfietswedren

Dit gaan ’n groot geleentheid wees met baie te eet en drink, onder andere moerkoffie vir die ryers asook hulle entoesiastiese ondersteuners en ’n springkasteel vir die kleintjies

Curro Bankenveld is die plek om te wees vir ’n pretgeleentheid wat alle bergfietsryers aanbetref.

Op 4 en 5 Oktober kry individue en spanne die geleentheid om te kyk hoeveel keer hulle om afgemerkte baan kan ry om ’n eerste of tweede plek te behaal.

Inskrywings is vir bergfietse en hoërskole mag deelneem.

Dit gaan ’n groot geleentheid wees met baie te eet en drink, onder andere moerkoffie vir die ryers asook hulle entoesiastiese ondersteuners en ’n springkasteel vir die kleintjies.

Inskrywings vir individue of spanne is as volg: R250 per persoon of R400 vir twee persone, R450 vir vier persone, R600 vir ses persone of R800 vir agt persone.

Inskrywings kan ook wees vir Saterdag van 9:00 tot 15:00.

Die kostes beloop as volg vir die ses ure: R350 per persoon, R600 vir twee persone en R500 vir vier persone.

Inskrywingsvorms beskikbaar by Ridge Power Build, CMR, NG Kerk Klipfontein kerkkantoor.

Alle fondse gaan vir die pleeghuise asook die plek van veiligheidshuise van die Rizpah Bediening.

Bankrekeningno. 40662248103 Absa Tjekrekening.

Kontak: Anet 083 666 1507 of Pam 063 051 3378.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button