Local newsNews

Roxy maak ʼn verskil met broodknippies

Om een rolstoel te kan bekostig, moet daar ongeveer 210kg se broodknippies ingesamel word

Herwinning word nie meer belangrik geag in vandag se tye nie, maar dit stop Roxane Wallis nie.

Sy het in 2018 begin met ’n projek waar sy genoeg broodknippies kon insamel om ’n rolstoel te kon skenk aan ’n persoon wat dit die nodigste gehad het.

Om een rolstoel te kan bekostig, moet daar ongeveer 210kg se broodknippies ingesamel word.

Een kilogram is gelykstaande aan R8 en die koste van ’n rolstoel is R1 600.

Dié liefdestaak wat Roxane doen is fenomenaal.

Met behulp van skole reg rondom eMalahleni, Dis-Chem asook Emalahleni Housing Company het Roxane drie mense gehelp met ’n rolstoel deur broodknippies in te samel.

Die broodknippies is gemaak van HIPS (high impact polystyrene) wat weer herwin word.

As jy dalk broodknippies het om te skenk of meer inligting benodig oor die projek, skakel gerus vir Roxy: 072 944 5606.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button