Local newsNews

Lollos kom kuier vir eMalahleni maatjies

Deur middel van opgewekte musiek en energieke danspassies maak Lollos en Lettie dit maklik vir die maatjies om saam te leer, saam te lag en uitbundig saam te dans

Hierdie splinternuwe, kleurvolle vertoning fokus op die interaktiewe vaslegging van lekker lessies wat Lollos en Lettie geleer het.

Deur middel van opgewekte musiek en energieke danspassies maak Lollos en Lettie dit maklik vir die maatjies om saam te leer, saam te lag en uitbundig saam te dans.

Sien uit na treffers soos Tandeborsel, Babbelbekkie, Die Vriendelike Dokter, Oppaktyd en meer om saam slimmer te word – en natuurlik ook ʼn lekker dosis immergroen Lollos-bekendes wat almal se boudjies sal laat wikkel!

Hierdie vertoning is einde Maart 2019 by die KKNK in Oudtshoorn bekend gestel.

Staan ’n kans om ’n gratis DVD of ontmoeting met Lollos te wen.

Gaan besoek ons storie van Lollos op Facebook en ‘like’ die plasing – jy kan dalk die gelukkige wenner wees.

Lollos sal Sondag, 20 Oktober om 12:00 by HTS Witbank optree.

Skakel admin@kindervermaak.co.za of 082 410 7682 vir meer inligting. Kaartjies kan ook aanlyn gekoop word by Quicket.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button