Local newsNews

Besighede steeds die weeklikse teiken

Volgens die winkeleienaar het ’n derde verdagte intussen ingestap en selfone, broeke en horlosies gesteel

’n Klerewinkel in Diedericksstraat is beroof en die eienaar het vertel dat die rowers oudergewoonte slegs instap met hul vuurwapens en vat wat hulle hul hande kan op lê.

Op Donderdag, 26 September was die eienaar van ’n klerewinkel besig met sortering van klere en skoene toe ’n gewapende man instap, kort na oopmaaktyd.

Die eienaar het aan die polisie vertel dat die man gevra het vir ’n spesifieke skoengrootte en die tweede verdagte het die winkeleienaar en personeel in ’n kleedkamer toegesluit en hul hande vasgemaak met kabelbande.

Volgens die winkeleienaar het ’n derde verdagte intussen ingestap en selfone, broeke en horlosies gesteel.

Die verdagtes is weg met die gesteelde items.

In ’n ander voorval was nog ’n besigheid die teiken twee dae tevore op 24 September, hierdie keer kort voor toemaaktyd.

Twee mans het hulself voorgedoen as klante en wou kastig hul hare sny by die salon wat hul beplan het om te beroof.

Die mans het volgens die eienaar, kort na hul aankoms in die winkel hul vuurwapens uitgehaal en almal beveel om plat te lê. Die mans is weg met selfone, ’n skootrekenaar en haarsny items.

Geen skote is gevuur tydens die inbraak nie en beide sake word tans steeds ondersoek deur die Witbank Polisie waar die sake geopen is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button