Local newsNews

Help ons om die koskas te vul

Die koskas is by Ons Winkel ingerig en vandaar word daar maandeliks benodighede soos kos en skoonmaakmiddels voorsien aan behoeftige gesinne

Solidariteit Helpende Hand se plaaslike tak se koskas loop leeg.

Daar is heelwat behoeftige gesinne in die eMalahleni-omgewing en die tak het besef dat daar ’n groot behoefte aan ’n koskas is.

Die koskas is by Ons Winkel ingerig en vandaar word daar maandeliks benodighede soos kos en skoonmaakmiddels voorsien aan behoeftige gesinne wat deur die nodige assessering is, soos deur die riglyne van Solidariteit Helpende Hand uiteengesit.

“Op die oomblik voorsien ons kos aan ses gesinne,” het me. Michelle Viljoen, voorsitter van die tak gesê.

Elke kospakkie kos R850.

Die publiek word gevra om asseblief nie-bederfbare kos en skoonmaakmiddels te skenk om die projek volhoubaar te maak.

Skenkings kan by Ons Winkel in die Wersea-gebou agter Fruit and Veg afgelaai word.

Solidariteit Helpende Hand is ’n nasionale organisasie sonder winsbejag en fokus op die voorkoming, verbreking en verligting van armoede. Vir meer inligting oor die goeie werk wat Helpende Hand doen of om betrokke te raak by die tak, kontak Michelle by 083 285 8875.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button