Johan Fourie se moordsaak is weereens uitgestel.
Die verdagtes is gewaarsku om op 11 November weer in B-hof in Ga-Nala te verskyn.
Landdros Theo Kleynhans het op ’n vorige verskyning geen geheim daarvan gemaak dat hy ontevrede is omdat hy die saak keer op keer moet uitstel nie.
Dit was die verdagtes se sewende verskyning.
Die verdagtes se verskyning hou verband met die mesdood van die 32-jarige Fourie op 30 April.
“Johan het omtrent 23:30 by die geriefswinkel by ’n plaaslike garage gestop om iets te koop. ’n Onderonsie oor voertuie wat voor hom gestop het, het ontstaan. Van ons werkers het die stryery gesien, gestop en Johan te hulp gesnel. In die warboel is my seun doodgesteek,” het me. Santie Radley vertel.
Polisiewoordvoerder, konst. Angel Makubu het gesê die polisie is warm op die spoor van die laaste verdagte en hulle verwag ’n inhegtenisname binnekort.
