Local newsNews

Vermeende kabeldief vasgekeer

Toe hy gevra is waarom hy hardloop, het hy erken dat hy koperkabels uit ’n erf in Seekoeiwater gesteel het

’n Vermeende kabeldief het homself agter tralies bevind na die gemeenskap hom na ’n groot soektog aangekeer en aan die polisie oorhandig het.

Op 5 November het lede van die South African Community Crime Watch (SACCW) ’n klag ontvang van ’n verdagte wat hekmotorbatterye in die Hoëveldpark-area gesteel het – so het ’n groot soektog vir dié verdagte in die gebied begin.

’n Man wat aan die beskrywing wat deur lede van die gemeenskap voldoen het, is in Woltemadestraat gesien en deur lede van SACCW gestop.

By die man is daar ’n rugsak gevind met swaar inhoud.

Reaksielid, Theo Luus het die man gevra wat hy in sy sak gehad het, hy het toe dadelik die rugsak laat val en na ’n nabygeleë veld op die hoek van Den Haag- en Woltemadestraat gehardloop.

Dis waar die kort jaagtog ontstaan het en die verdagte in hegtenis geneem is.

Toe hy gevra is waarom hy hardloop, het hy erken dat hy koperkabels uit ’n erf in Seekoeiwater gesteel het.

Die polisie het op die toneel opgedaag waar die rugsak deursoek is en agt bondels koperkabels in sy besit gevind is.

Die eienaar van die kabels is gekontak en ʼn saak van diefstal is geopen.

Die verdagte is as ’n vorige werknemer van die klaer geïdentifiseer.

“Alhoewel hierdie verdagte toevallig betrap is, is dit steeds ’n reuse sukses in die stryd teen misdaad,” het mnr. David Wessels, direkteur van SACCW gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button