Local newsNews

Geskenkpapier – Jou geskenk aan CMR

Hierdie fondse moet die personeel van die CMR met projekte insamel deur die jaar

Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) is ’n nie-winsgewende organisasie wat dienste lewer aan gesinne van eMalahleni en omliggende areas.

Ten spyte van die feit dat subsidie ontvang word van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, het die CMR steeds ’n tekort van R523 414,21 vir die 2019/2020 finansiële boekjaar.

Hierdie fondse moet die personeel van die CMR met projekte insamel deur die jaar.

Een van die projekte is om geskenkte toe te draai by Highveld Mall vanaf 16 tot 24 Desember.

“Gedurende Desember 2018 het ons R24 562,25 ingesamel. Om ons kostes so laag moontlik te hou, sal dit ongelooflik baie help as die gemeenskap ons behulpsaam kan wees deur kersgeskenkpapier, gekleurde linte, kleeflint en krammetjies vir krammasjientjies te skenk. Ons kan ook altyd met ’n ekstra paar hande doen om te help toedraai,” het me. Annelize Aucamp van Witbank CMR gesê.

Dit kan afgelaai word by CMR (op die perseel van NG Kerk Klipfontein), Hans Strydomlaan 70, Klipfontein.

Vir enige navrae is u welkom om Marlise Bezuidenhout of Pinky Lekoba by 013 692 4862 te skakel.

Die CMR beplan ook om ’n Kersboom te hou vir ongeveer 50 kinders.

Indien u betrokke wil raak by die reëlings kan u Rachel Fourie skakel.

“Saam kan ons ’n verskil maak in die lewe van iemand wat dit broodnodig het,” het sy ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button