Local newsNews

Spoeg-en-plak verdagte vas

Dit is glo na hy hom gekonfronteer het dat die man net blatant aangegaan het en die pamflette links en regs geplak het

Die Steenkoolstad wemel van die walglike ‘lost lover’ en aborsie plakkate wat op elke hoek en draai pronk en hoe meer die inwoners dit verwyder, hoe meer plakkate word weer opgesit.

Op 29 November is een van hierdie verspreiders van die plakkate deur ’n inwoner van eMalahleni op heterdaad betrap terwyl hy die volgende plakkaat wou plak.

“Ek was op nagskof by my werk toe ek hierdie knaap sien goed plak op die padtekens en pale. Ek het dus na hom toe gestap en vir hom gesê dat hy nie die pamflette daar mag plak nie,” het die werker vertel.

Dit is glo na hy hom gekonfronteer het dat die man net blatant aangegaan het en die pamflette links en regs geplak het.

Die hoop pamflette wat by die verdagte gekry is saam met die aangemaakte gom wat gebruik word

Die South African Community Crime Watch (SACCW) is intussen gebel vir bystand en om die nodige owerhede te ontbied.

“Toe ons op die toneel aankom, het die man daar gesit met die aangemaakte gom en pak pamflette. Ons het hom gevra vir wie hy werk en hy het vir ons gesê dat hy die werk vir ’n dame in Middelburg doen. Sy betaal hom glo R50 per aand om die pamflette oral te plak,” het reaksielid, mnr. Hein Bouwer vertel.

Na ’n lang ruk het die munisipale wetstoepassingsoffisiere daar opgedaag en die man na Witbank Polisiestasie geneem waarop hy ook as ʼn onwettige immigrant gearresteer is omdat hy glo nie wettige dokumentasie kon verskaf nie.

Die dame wat die verdagte beweer hy voor werk, het geen oproep van beide die WITBANK NUUS of inwoners geantwoord nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button