Local newsNews

Pappa moet buite hek wag terwyl mamma geboorte gee in Witbank Hospitaal

Maar die Covid-19 virus het ander planne gemaak en Christo mag nie in die hospitaal wees as Bianca geboorte skenk nie

Bianca en Christo Smit hou die groot horlosie teen die muur dop.

Hulle seuntjie moet nou enige tyd sy opwagting maak.

Teen die muur staan haar en klein Christo se tassie gereed en Christo droom steeds groot drome oor visvang en rugby saam met sy bulletjie.

Maar die Covid-19 virus het ander planne gemaak en Christo mag nie in die hospitaal wees as Bianca geboorte skenk nie.

“Alhoewel ek goed voel vandag is my hartseer onbeskryflik groot,” het Bianca gesê.

Bianca en Christo se verhaal verskyn Donderdag 9 April in WITBANK NUUS.

Sodra baba Christo gebore is, sal ons, ons lesers dadelik laat weet en foto’s deel.

Is daar nog WITBANK NUUS lesers wat hulself in dieselfde situasie bevind?

Deel gerus julle stories met ons.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button