Local newsNewsUpdate

Welkom in ons wêreld baba Christo

Die heel ergste vir pappa Christo was toe hy sy vrou, Bianca, by die hospitaal moes aflaai en teruggaan huis toe

Die mannetjie wat 3kg geweeg het, het sy opwagting net na middernag op 8 April gemaak.

Die heel ergste vir pappa Christo was toe hy sy vrou, Bianca, by die hospitaal moes aflaai en teruggaan huis toe.

“My hart het gebreek,” het hy gesê.

Danksy Whatsapp kon Christo ‘steel’ oomblikke met Bianca deel.

“Christo se stem het my kalm gehou. Die oorheersende gevoel van hartseer omdat Christo nie by my kon wees nie, het gedreig om my te verswelg, maar dan het die kontraksiepyne ingeskop en glo my dit was verskriklik seer,” het Bianca vertel.

Bianca was drie ure lank in kraam.

Baba Christo is met ’n gesplete verhemelte gebore.

“Die hospitaalpersoneel was so geduldig met my en het selfs vir my meer verduidelik oor Christo se lippie. My hart loop oor van dankbaarheid vir die personeel wat my bygestaan het.”

Sodra die groen lig gegee word kan Christo uiteindelik se seun ontmoet,

“Ek kan nie wag om my bulletjie was te hou nie”.

Pappa moet buite hek wag terwyl mamma geboorte gee in Witbank Hospitaal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button