Raak betrokke by die Breinaald Projek
In 2020 gaan Solidariteit Helpende Hand vir dementia en alzheimer pasiënte vroetelmoue brei. Hier is 'n geleentheid vir die publiek om betrokke te raak.

Kan jy brei? Hou jy van hekel? Het jy bolle wol wat net rondlê by die huis? Dan is die Breinaald Projek beslis die een waar jy betrokke moet raak.
In 2020 gaan Solidariteit Helpende Hand vir dementia en alzheimer pasiënte vroetelmoue brei.
Hulle wil vanjaar alzheimer en dementia pasiënte se hande en verstand besig hou. Bejaardes wat met hierdie siektes leef kan deur vroetelmoue gesus word.
Mense met alzheimers en dementia voel dikwels angstig en geïrriteerd as hul nie ontslae kan raak van stres en emosies nie. Dit is ook die rede waarom persone met dementia soms geweldadig raak. Omdat die mou aan hul arm vas is kan dit nie afval nie, en omdat hulle net met een hand op ’n slag kan vroetel kan hul die mou ook nie aftrek nie.
As jy hierby betrokke wil raak kan jy wol, ’n klaar gebreide vroetelmou, of enige ander gebreide items by jou naaste Helpende Hand tak skenk.
Jy kan selfs ’n donasie vir hierdie projek maak deur ’n kontantbedrag te betaal.
- Bank: FNB
- Rekening nommer: 62331445503
- Tak kode: 25655
- Verwysing: Breinaald
Vir meer inligting kan jy Solidariteit Helpende Hand skakel op 0828919098.
