Local newsNews

[OPVOLG] Lewe met die virus en nie vrees

Die van Schalkwyk-gesin sterk emosioneel en fisies aan tydens die 21-dae inperking en tot dusver is beide past. Andries se vrou, Nadine en hul kinders negatief getoets vir die virus.  

’n Tydperk van die onbekende staar elke inwoner in die gesig en is dit net menslik dat dit vrees en angs kweek.

Verlede week is daar berig oor die eerste koronavirus geval in ons stad.

Dadelik het inwoners begin paniekerig raak en die nuus het soos ’n veldbrand deur die Steenkoolstad versprei.

Maar, die gesig agter die eerste geval in eMalahleni, pastoor Andries van Schalkwyk het kort daarna in ’n video wat op WITBANK NUUS se webblad versprei is, hoop vir die stad en sy mense gebring.

Hy het sy boodskap begin met, “Dis ek, ek is die eerste positiewe persoon met die koronavirus hier in eMalahleni,” het pastoor Andries gesê.

Na ’n lang oomblik van stilte het die pastoor begin om te vertel wat, waar en hoe alles in sy lewe plaasgevind het.

“Ek het op 12 Maart na die buiteland gevlieg vir bediening in die Verenigde Koninkryk (VK) en sou vir nog ’n week aanbly toe my vrou my bel en inlig oor die nasionale ‘lockdown’ in Suid-Afrika. Ek het dadelik my vlug terug Suid-Afrika toe bespreek met die hoop dat ek betyds in die land sal wees sodat ek saam my familie kan wees vir die 21-dae,” het past. Andries verduidelik.

Met die dat hy in ’n hoë risiko gebied was, het hy dit goed gedink om in self-isolasie te gaan die oomblik toe hy hier land op 18 Maart.

“Alhoewel ek geen simptome gewys het nie wou ek dit eerder van die begin af veilig speel en het alle preke in die kerk vir eers uitgestel en via sosiale media my preke vir my gemeente gedoen. So ek het glad nie in aanraking gekom met enige iemand tydens die tydperk nie.”

Past. Andries meen dat die afgelope rukkie alles behalwe maklik was vir beide homself en sy gesin.

“Na ek na my huisdokter toe is en die uitslae positief was het ek eers vir God bly vra, hoekom ek? Hoekom moet ek die eerste geval in ons stad wees, hoekom moet ek die virus dra, maar na ’n rukkie het Hy my geantwoord en ek het daar en dan besef – hoekom nie ek nie?”

Past. Andries meen dat die hele wêreld in paniek lewe en vrees vir die ergste net, “omdat ons mens geneig is om alles te glo wat ons lees, fopnuus of nie.”

WITBANK NUUS het hom gevra hoe hy dit sal beskryf om te lewe met dié virus en hy het geantwoord,

“Ek lewe in geloof en ek lewe met ’n virus, maar ek lewe nie in vrees nie en dus moet elke persoon wat met vrees in hulle lewe, besluit… Gaan ek aanhou lewe met vrees of gaan ek my geloof ’n kans gee?”

Die van Schalkwyk-gesin sterk emosioneel en fisies aan tydens die 21-dae inperking en tot dusver is beide past. Andries se vrou, Nadine en hul kinders negatief getoets vir die virus.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button