Maskers moet ons dra
Die maskers help dat jy nie die virus opdoen as jy in ’n openbare plek is nie en dit help ook dat jy nie heeltyd aan jou mond en neus vat nie.
Die Vroue Landbou-unie sit nie stil tydens die nasionale COVID-19 inperking nie. Daar word hard gewerk om maskers te maak.
Tot dusver het 4 000 maskers vanuit dié handige groep vroue se naaldwerkmasjiene gekom.
Een van die eienskappe van dié virus is dat dit vinnig versprei en baie mense wat dit reeds onder lede het, besef dit nie omdat simptome eers na ’n paar dae begin toon. Dit is juis in hierdie tydperk dat jy nie weet of die persoon wat langs jou staan dit het of nie.

Die maskers help dat jy nie die virus opdoen as jy in ’n openbare plek is nie en dit help ook dat jy nie heeltyd aan jou mond en neus vat nie.
Die minister van gesondheid dr. Zweli Mkhize het aanbeveel dat materiaalmaskers gedra word.

Hy het die stelling gemaak tydens een van die media inligtingsessies en gesê materiaalmaskers vir die publiek word voorgestel sodat N95- en chirurgiese maskers gegee kan word vir werkers wat dit regtig nodig het.
“Voldoende wetenskaplike bewyse wys dat materiaal gesigmaskers die hoeveelheid van die virus wat vrygestel word aansienlik verminder,” her dr. Mkhize gesê.
