Operation Smile gaan Baba Christo na die inperking ontmoet
Tyd vlieg soos ’n gedagte verby. Skaars ’n maand gelede het WITBANK NUUS berig oor die Smit-egpaar wie se baba tydens die nasionale inperking gebore is. Die mannetjie het op 8 April sy opwagting gemaak. Toe Bianca se kraampyne begin het Christo haar by Witbank Hospitaal afgelaai en moes hy toekyk hoe sy alleen by …
Tyd vlieg soos ’n gedagte verby. Skaars ’n maand gelede het WITBANK NUUS berig oor die Smit-egpaar wie se baba tydens die nasionale inperking gebore is.
Die mannetjie het op 8 April sy opwagting gemaak.
Toe Bianca se kraampyne begin het Christo haar by Witbank Hospitaal afgelaai en moes hy toekyk hoe sy alleen by die hekke instap.
“My hart was gebreek. Dit was die ergste oomblik in my lewe,” het Christo vertel.
Tussen die kraampyne deur het Bianca kontak gehou met Christo deur Whatsapp.
Nes sy pappa, is baba Christo met ’n gesplete lippie en verhemelte gebore.
Bianca het gesê daar was geen tekens van Baba Christo se defek opgetel tydens die talle sonars wat gedoen is nie.
Bianca en Christo het spesiale tiete gekry waarmee Baba Christo gevoer word.
“Sodra die inperking verby is het ons ’n afspraak met Operation Smile wat aangedui het dat hulle ons gaan help,” het Bianca gesê.
