Local newsNews

Bid vir Adriaan

’n Motorfietsryer van die buurdorp wat in Witbank Provinsiale Hospitaal se intensiewesorg-eenheid lê na ’n ongeluk sowat ’n maand gelede, se toestand is onveranderd.

’n Motorfietsryer van die buurdorp wat in Witbank Provinsiale Hospitaal se intensiewesorg-eenheid lê na ’n ongeluk sowat ’n maand gelede, se toestand is onveranderd.

Windell is aanvanklik in Middelburg Hospitaal opgeneem maar later oorgeplaas na Witbank Hospitaal. Daar is vasgestel dat hy frakture aan albei bene onder die knieë, sy heup, ‘n onbekende aantal ribbes en arms opgedoen het asook hoofbeserings en inwendige bloeding.

Tussen die lettergrepe van die Sondag-uitstappie op 26 April op die N11 om kos vir aan behoeftiges te gaan uitdeel kan niemand met sekerheid sê hoe die ongeluk gebeur het nie. Windell se motorfiets het na bewering op ’n draai gegly en teen ’n boom beland.

Vir sy vrou, me. Meraai Windell is elke dag ’n beproewing want sedert die ongeluk kon sy Windell nog net vier keer sien.

Hospitale het streng voorsorgmaatreëls in plek om die COVID-19 virus te help bekamp. Daarom word besoekers nie by pasiënte toegelaat nie.

“Die dokter oor Adriaan speel oop kaarte met my. Met elke telefoongesprek is hy eerlik en huiwer nie om te sê Adriaan het regtig baie seergekry nie,” het Meraai gesê.

Meraai het gesê tydens haar besoeke mag sy nie aan haar man vat nie, sy staan elke keer woordeloos en bid by sy bed.

“Ek is gebreek. Dis die moeilikste vir my om, om te draai en uit die saal te stap. Ek raak verlore in my hartseer as ek net dink hoe perfek ons prentjie voor die ongeluk was,” het Meraai gesê.

Sy het gesê sy kan al ’n handleiding skryf oor hoe om deur die trane deur te glimlag en dankbaar te wees vir die geringste stukkie goeie nuus of wanneer die suster aan diens sê, ‘Hy het ’n rustige nag gehad’.

Windell ry vir die Wheels in the Sky motorfietsklub se Middelburg klub. Die klubpresident, Michael Longuiero het genoem dat Windell die enigste broodwinner is in sy gesin en hulle twee kinders het. Enige iemand wat hulp wil verleen kan Linquiero kontak by 078 322 0853.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button