Motorfietsryer dood agt weke na ongeluk
Agt weke nadat Adriaan Windell op die N11 in ‘n motorfiets ongeluk betrokke was, is hy Donderdag 18 Junie dood aan die beserings wat hy tydens die ongeluk opgedoen het.

Motorfietsryers het gister verslae probeer sin maak uit die dood van een van hulle ‘broers’.
Agt weke nadat Adriaan Windell op die N11 in ‘n motorfiets ongeluk betrokke was, is hy Donderdag 18 Junie dood aan die beserings wat hy tydens die ongeluk opgedoen het.
Hy was eers in Middelburg Hospitaal opgeneem en later na Witbank Hospitaal oorgeplaas waar hy behandel is vir frakture aan albei bene onder die knieë, ribbes en arms, ‘n heupbreuk asook hoofbeserings en inwendige bloeding.
Windell se vrou, Meraai was te emosioneel en het wou nie uitbrei oor haar man se dood nie.
Hy was deel van motorfietsryers wat Sondag 26 April kos aan behoeftiges uitgedeel het. Niemand kan met sekerheid sê hoe die ongeluk gebeur het nie. Windell se motorfiets het na bewering op ’n draai gegly en teen ’n boom beland.