‘Hou aan veg, Brandon!’ pleit ma
Brandon Joubert maak sy oë meer gereeld oop, maar is nog nie ten volle wakker nie.
Ouma Rina Burger het vanmiddag gevra dat die gemeenskap Brandon en sy ouers, Lizelle en Flippie Joubert, in hul gebede moet vashou.
“Brandon het ’n infeksie in sy regterlong gehad, maar dit het opgeklaar. Sy infeksietelling is 55. Hy reageer op pyn en maak sy oë meer gereeld oop,” het Burger gesê.
Hy moet nog ’n operasie ondergaan vir gesigbreuke.
Mamma Lizelle het op sosiale media dié geplaas, “Hou aan baklei, Brandon! God is met jou.”
Brandon het sy oë vir ’n rukkie oopgemaak – familie klou vas in die hoop dat God besig is met ’n wonderwerkhttps://t.co/RvikOjf1Xk #brandonjoubert @WitbankN @ZitaGoldswain
— WitbankNews (@WitbankN) August 24, 2026
Lees meer “Hou asseblief aan bid vir Brandon,” pleit ma
Brandon se familie bly onwrikbaar in hul geloof, en Burger het gesê die familie is baie dankbaar vir elke gebed, boodskap en oproep.
Lees meer Gebede word elke dag om 16:33 hardop vir Brandon gebid
Brandon is nog nie ten volle wakker ná die botsing op 1 Augustus waarin hy ernstig beseer is nie. Hy en sy vriend, Stephan Greyling, het op pad na ’n visvanguitstappie teen ’n klein vragmotor gebots.
Daar word bespiegel dat ’n omgevalle stopstraatbord wat nie sigbaar was nie moontlik ’n rol in die ongeluk kon gespeel het.
Lees meer 2 jong seuns in die hospitaal na ernstige botsing
Burger het weereens ’n beroep gedoen dat Brandon se BackaBuddy-veldtog ondersteun word.
“Brandon gaan rehabilitasie nodig hê, en die koste daaraan verbonde is geweldig hoog. Ons is nou reeds besig om gereed te maak vir wanneer hy met rehabilitasie begin,” het Burger gesê.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
NoddyTunes en Stormklanke se lied vir Brandon laat die trane rolhttps://t.co/vrD6c8JmaJ #brandonjoubert #gebed @WitbankN @ZitaGoldswain pic.twitter.com/WbcEUFNjCh
— WitbankNews (@WitbankN) September 1, 2026
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
