Eet is lekker, daarom hou ons kosfees
En as jy voor die stoof staan, word aandete in ’n kits afgehandel
In vandag se gejaagde lewe is dit moeilik om daagliks kwaliteit-tyd vir jouself en jou familie te maak.
Tussen werk en kosmaak deur is daar net te min ure in ʼn dag.
En as jy voor die stoof staan, word aandete in ’n kits afgehandel.
Kom ontspan die komende Vrydag, 25 September bietjie vanaf 16:00 tot 21:00 op Plot 71B Seekoeiwater.
Daar gaan ’n kosfees plaasvind.
Van braaivleis tot skilpadjies, peri-peri hoender, prawn-koekies, regte lip-lekker bunny-chows, kerrie, prego-rolls, roosterkoek, kaas, salami, olywe, konfyte en ingelegte produkte.
Die geur van varsgebak gemeng met plaasbotter gaan jou mond laat water.
Vir nagereg word daar gepraat van malvapoeding en vla nes ouma dit gemaak het, Macarons en nog vele meer.
Vir meer inligting skakel Linda Wallace: 079 124 3961.
