‘Poetoe pap’ jou lekker ding
Die eg Suid Afrikaanse dis word nie net saam braaivleis geniet nie maar is net so heerlik saam botter, suiker en melk veral die oggend na die braai
As daar nou ’n dis is wat ons Suid-Afrikaners bobaas kokke maak, is dit krummelpap beter bekend as ‘poetoe pap’ en wat kan nou lekkerder wees as ’n lekker boereworsie op die vuur, pap en sous?
Die eg Suid Afrikaanse dis word nie net saam braaivleis geniet nie maar is net so heerlik saam botter, suiker en melk veral die oggend na die braai.
WITBANK NUUS deel graag hul bobaas krummelpap resep vir die bekende ‘braaidag’.
Krummelpap vir 4 tot 6 porsies
• 500ml water (2 koppies)
• 5ml sout (1 teelepel)
• 750ml tradisionele braaipap (3 koppies)
Verdere instruksies
• Gebruik ‘n medium swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt.
• Voeg meel by, plaas deksel op en prut vir 15-20 minute.
• Roer met ‘n vurk tot krummels vorm.
• Prut vir 20-30 minute.
• Roer ‘n paar keer. Krummelpap moet stadig en baie lank prut.
• Roer die krummelpap vir die eerste keer nadat die meel ‘n velletjie gevorm het — dis belangrik om nie te vroeg te roer nie.
• Hoe lank jy die pap ná die roer laat prut, hang ook af van hoe groot jou krummels is. Hoe langer jy wag, hoe fyner die krummels, en hoe fyner die krummels, hoe vinniger word dit gaar.)
