Koebaai Nantes
“Dis moeilik om Nantes se lewensverhaal in ’n paar paragrawe op te som. Hy was so lief vir die lewe. Rugby speel en motorfiets ry was sy passie.”

Vandag vind Nantes de Lange se begrafnis plaas. Die 33-jarige man is op 30 Januarie dood toe hy van ’n krans af in water gespring het. Toe hy nie opkom na die sprong nie, het sy vriende benoud na hom begin soek.
Die polisie se hulp is ingeroep, maar omdat dit donker geword het en sig baie moeilik was, is die soektog afgelas. Die terrein was ook baie moeilik begaanbaar.
Sy liggaam is die volgende oggend gevind.
Dié fratsongeluk het in die Bronkhorstspruit-area gebeur.
Nantes wat bekend was in rugby- en motorfietskringe was geliefd. “Nantes het die son saam met hom gebring,” het Daniel Grové gesê.
“In skool het ek gereeld hand bygesit met jou huiswerk en selfs skoolwerk of sal ek nou sê boek bygesit. Terwyl jy die lewe so voluit lewe, het jy ons meer waardevolle lesse geleer as wat skool ooit kon doen. Jy het ons geleer om te lewe sonder verwyte. Jy het ons geleer van maak die beste van elke dag, jy het ons geleer van liefde vir mense. Ons het opgelet, maar ons druip. Vandag (8 Februarie) op jou eerste verjaarsdag by Onse Vader se huis is ons spyt en staan in teleurstelling met verlange na nog net een koffie-afspraak, een oproep, een grappie, een glimlag of selfs een drukkie,” het Chevonne Engelbrecht gesê.
Mnr. Terence Opperman het gesê, “Dis moeilik om Nantes se lewensverhaal in ’n paar paragrawe op te som. Hy was so lief vir die lewe. Rugby speel en motorfiets ry was sy passie.”
LEES MEER HIER:
Krans dood – Nantes se begrafnis dié Saterdag
Crusaders Motorfietsklub groet lid wat dood is nadat hy van krans afspring
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
