Krielpark se katrolle sing
Die kranige hengelaars van dié skool sal gemaklik kan saamgesels oor die sport.
Laerskool Krielpark se gange gons oor visvang.
Die kranige hengelaars van dié skool sal gemaklik kan saamgesels oor aas, katrolle, lyn, windrigting, en algehele toestand van damme, want hul hengelspan weet hoe om daardie grotes aan die hoek te kry.
Saterdag, 29 Mei het hulle by Ons Pan net anderkant Ermelo gaan hengel en sommer tweede plek in die liga behaal. Hierdie was die tweede skool liga hengelkompetisie vir die jaar.
Jandro (graad 6) en Janesca Venter (graad 1) wat ook bekend staan as die Visvang-Venters het omtrent baljaar onder die vis. Janesca het haar eerste baber gevang en kon nie uitgepraat raak daaroor nie.
Sy het altesaam vyf vis gevang en haar sak het 0.420kg geweeg. Jandro het 19 visse gevang en sy sak het ’n allemintige 10.935kg geweeg.
Die ander twee Venter-susters, Simone (graad 2) en Chloe (graad R) het tesame vier visse gevang. Simone se sak het 0.190kg geweeg en Chloe se sak 0.695kg. Marizette van der Westhuizen (graad 1) het twee visse gevang en haar sak het die skaal op 0.710kg gebring.
Stephan Liebenberg (graad 5) se 12 visse het altesaam 4.930kg geweeg.
Die 10-jarige Janro Nel het die meeste vis in die span gevang. Hy spog met 22 visse wat saam 9.055kg geweeg het.


Deel jou nuuswenke met ons via:
- Telephone: 013 656 2490
- WhatsApp: 060 866 8682
- Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
Instagram
Twitter
Witbank News toep
Facebook page
Witbank News Breaking
