Local newsNews

Hokkiebokkies maak korte mette van hul teenstanders

Laerskool Tasbetpark se o.13 span was onlangs aangewys wenners van die Nkangala B-liga.

Hokkiestokke het geklap en hokkiespelers het omtrent gesweet onder die genadelose lente son tydens onlangse liga hokkiewedstryde.

Die hokkiewedstryde het Donderdag, 15 September by Laerskool Kragbron plaasgevind.

Laerskool Kragbron en Laerskool Tasbetpark se hokkiespelers se spangees was die wenners van die dag gewees.

Kragbron se o.10- en o.12 spanne het hul wedstryde gewen en die o.11 spanne het gelykop gespeel.

Die hoogtepunt was Laerskool Tasbetpark se o.13 span wat hul wedstryd gewen het. Hulle is ook aangewys as die wenners van die Nkangala B-liga.

“Ek is ongelooflik baie trots op die o.13 span. Hierdie spelers het uit en uit gewys wat deursettingsvermoë is,” het hul afrigter, me. Christine van der Schyff gesê.

SIEN DIE AKSIEFOTO’S HIER

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button