Local newsNews

Man baklei verbete teen rowers

Dit blyk of die 60-jarige man die rowers op heterdaad in sy huis betrap het.

Daar is nog baie onbeantwoorde vrae wat volg ná die aanval op ’n 60-jarige man die afgelope naweek.

Mnr. Erick Williams is op 5 November na 22:00 in sy huis in Modelpark aangeval.

Volgens beskikbare inligting het ’n kar met drie insittendes voor Williams se huis gestop.

Twee mans het uitgeklim en die huis ingegaan terwyl die ander die pad dopgehou het vir enige beweging.

Daar word bespiegel dat Williams die vermeende rowers betrap het toe hulle sy huis binnegekom het.

Die bloed in die huis vertel hoe hy verbete teen die rowers baklei het.

Me. Yvette Luus, Williams se dogter het gesê die familie is nog te emosioneel om met die media te praat.

Sy het gesê Williams is in Midmed Hospitaal opgeneem.

Het jy ’n storie om te deel, dan kontak ons gerus: Telefoon: 013 656 2490 of Epos: info@witbanknews.co.za

of volg ons op sosiale media platforms:  InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button