Local newsNews

Beurtkrag laat inwoners, veral die afhanklik op suurstof, benoud

’n Plaasboer praat sy hart uit oor hoe Eskom se beurtkrag hom beïnvloed. Hy moet 16 uur per dag suurstof kry.

Vir ’n jarelange inwoner van Rietspruit is beurtkrag ’n nagmerrie.

Dié 80-jarige man, wat verkies om anonym te bly, moet 16 uur per dag op suurstof wees en dit raak ’n duur affêre omdat die kragopwekkers op sy plaas letterlik ‘oortyd’ werk.

“Dit kos ons tussen R4 000 en R5 000 per dag om die kragopwekkers op die plaas te hardloop. Dit is nie snaaks om deur 20ℓ diesel ’n dag te draf nie,” het hy gesê.

Die krag op die plaas het Sondag, 4 Februarie afgegaan en het eers weer Dinsdag, 7 Februarie om 15:00 aangekom.

“Om dinge te vererger is Eskom se tye baie keer deurmekaar ‒ dit is ás ons ingelig word oor die beurtkrag,” het hy gesê.

Die man het gesê die boere in die omgewing ly ook baie onder die beurtkrag omdat hulle besproeiingstelsels onder andere op elektrisiteit werk.

“Die mielies, soja en ander groente kry gou ’n knou as dit te droog word. Dan volg die Eskom rekening natuurlik.”

Dié boer is een met ’n plan en hy het gesê hy het ’n paar idees om krag te bespaar.

“Hoeveel krag sal Suid-Afrika nie spaar as hulle al die verkeersligte afsit en puntsmanne kry om die verkeer te reguleer nie? Behalwe dat krag gespaar word, vind daar ook werkskepping plaas.”

Terwyl die Eskom-base rondskarrel om oplossings te vind, moet hierdie man, nes baie ander wat ook afhanklik is van suurstof, maar net voorsiening maak en bid dat hulle suurstofsilinders hou tot die krag weer aankom.

Eskom het oor die naweek weer genoem dat eenhede by Lethabo Kragstasie af was omdat daar ’n tekort aan kole by New Vaal Myn was.

Eenhede was ook af by Camden Kragstasie, Arnot Kragstasie en Hendrina Kragstasie as gevolg van teëspoed by die kragreuse.

Daar word ook in die gange gefluister dat fase agt beurtkrag die week ingestel gaan word.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button