Spieëlbeelde en natuur maak die mooiste mooi
Die fotoklub se volgende byeenkoms is dié Vrydag, 24 Februarie om 18:00.
Spieëlbeelde en natuur was die maand die onderwerpe wat fotograwe aan die kliek gehad het.

Fotograwe van Kosmos Fotoklub het baie pret met die onderwerpe gehad.

“Kosmos Fotoklub is ’n aanwins vir enige iemand wat van fotografie hou.
Deur klubaande en werkswinkels by te woon, leer jy vinnig beter foto’s neem.
Daar is baie ywerige en entoesiastiese fotograwe wat graag hul liefde met jou wil deel,” het Jannie van Niekerk van die fotoklub gesê.

Rehet Cilliers het die beginners ope-afdeling gewen met haar foto ‘Eenvoudige skoonheid’.
‘Two-times the beauty’ wat deur Jacques Geere geneem is, is aangewys as die wenner in die beginners-afdeling spieëlbeeld onderwerp.
Die pragtige natuurfoto ‘Lonely elephant’ is aangewys as die wenner in die junior afdeling natuurfoto onderwerp.

Jannie, wat al ’n veteraan in die fotografiewêreld is se foto ‘Mirror flower’ het weggestap met die eerste plek in die senior afdeling spieëlbeeld onderwerp.
Die magister silwer fotograaf Gawie van der Westhuizen se foto ‘Weer niks’ het die eerste plek opgeraap in die senior afdeling natuur onderwerp.
Die senior ope natuur afdeling is gewen deur Olga Collett-Serret met haar foto ‘Beauty in my garden’.

Die fotoklub se volgende byeenkoms is Vrydag, 24 Februarie om 18:00.
Kontak Jannie vir meer inligting by 072 472 0792.
