News

Basileia Gemeente maak note saam Franja du Plessis

Moet nie Franja du Plessis se vertoning by Basileia Gemeente die komende Maart misloop nie.

Die Basileia Gemeente in Klipfontein bring groot opwinding na eMalahleni se kerkdeure op 3 en 4 Maart met ’n basaar.

Wat die basaar op 3 Maart nog meer opwindend maak, is ’n vertoning deur Franja du Plessis teen R150 ’n volwassene en R100 ’n kind.

Musiekliefhebbers wat nie die kans wil misloop nie, kan kaartjies koop op die Basileia Gemeente se webblad as volg:

  • Besoek bgkerk.co.za
  • Op die webblad, rol af to by ‘Ons lewe’.
  • Kliek op ‘Gebeurtenis Besonderhede’ van ‘Franja – 3 Maart’.
  • Kliek ‘Registreer’ of ‘Book Event’.
  • Vul elke kaartjie se besonderhede in en betaal dan deur elektroniese fondsoordrag (EFT) of aanlyn.

Kaartjies is deur die week beskikbaar by die Basileia kerkkantoor vanaf 08:00 tot 12:00.

Slegs kontant of kaartmasjien is beskikbaar vir aankope by die kantoor.

Die basaar skop af om 15:00 op 3 Maart, gevolg met Franja se vertoning om 20:00 tot 21:00.

Gemeenskapslede wat ongelukkig die note saam Franja gaan mis, hoef nie die res van die basaarpret mis te loop wat op 4 Maart van 08:00 tot ongeveer 14:00 duur nie.

Deel gerus jou nuusbrokkies met ons: Telefoon 013 656 2490 of epos info@witbanknews.co.za

Jy kan ons ook op sosiale media volg: InstagramTwitter Witbank News App

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button