Vrou wat verdink word van R36m-diefstal weer in die hof
Die 30-jarige vrou van eMalahleni wat oor 'n tydperk van 10 jaar glo miljoene gesteel se saak is uitgestel.
Ezné Venter (30) het vanoggend weer vlugtig in die eMalahleni-landdroshof op aanklag van diefstal verskyn.
Venter het glo meer as R36 miljoen van haar werkgewer gesteel. Landdros Neliswa Kulukunene het die saak vir verdere ondersoek tot 3 Maart aanstaande jaar uitgestel.
Venter het die geld glo oor ’n tydperk van vyf jaar gesteel deur die maatskappy se stelsel te manipuleer.
Van die geld is glo gebruik om ’n wildsplaas, huise en luukse voertuie te koop.
Landdros Rametse Matlakala van die Middelburg-landdroshof, wat haar borgtogaansoek op 25 September aangehoor het, het haar vroeër op R20 000-borgtog met streng voorwaardes vrygelaat.
Venter se regsverteenwoordiger, Bernard Bezuidenhout, wou geen kommentaar lewer nie.
Lees meer “Ek het die glasstukkies uit die tannie se oë gehaal”
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
