Wen dié boek met 180 inspirerende dagstukkies wat deur Emsie Martin geskryf is
Olie vir jou lamp bevat 180 maklik-lees dagstukkies vir geestelike inspirasie en bemoediging in moeilike tye, tye waarin mense soms tou opgooi omdat dinge net te veel raak, en tye wanneer ’n mens emosionele en sielgerigte onderskraging nodig het.
Olie vir jou lamp bevat 180 inspirerende dagstukkies om die leser te bemoedig en geestelik te versterk in geloof.
Elkeen van hierdie dagstukke is deur eie beproewing, seerkry en dankbaarheid geïnspireer.
Emsie Martin skryf vir almal wat gebuk gaan onder beproewing, diegene wat probeer om die las van seerkry, swaarkry en bitterheid self te dra, dié wat onmin in ’n familie ervaar, wat sukkel om die gevolge van Covid-19 te aanvaar, wat nodig het om te besef dat vergifnis heling bring, wat hunker na ’n verhouding met God, en dié wat nog nie besef dat hulle Jesus in hul lewe nodig het nie.
Die doel van hierdie boek is om ander te inspireer, te bemoedig en geestelik te versterk in geloof.
Die boek kan op jou boekrak pronk.
Gesels met ons en vertel ons van die skrywer of boek waarvan jy die meeste hou.
Jy kan ons e-pos op info@witbanknews.co.za, ons skakel by 013 656 2490 of ons op sosiale netwerke volg: webtuiste, Facebook, Twitter of Instagram.
