Local newsNews

‘Iemand het seker gemaak ek is veilig op die pad’

Terensia het die nota op sosiale media geplaas in die hoop dat sy die persoon kan opspoor wat so gaaf was om die probleem aan haar uit te wys op so manier.

ʼn Motoris was nogal verbasend verras toe sy ’n nota op haar kar, wat in ’n parkeerterrein gestaan het, se venster vind.

Terensia Janse van Rensburg het op 15 Maart by Saveways Crescent inkopies gedoen toe sy die nota onder die ruitveër gekry het, met die boodskap, “Hi! Your back right tyre has a puncture, get it looked at. Keep safe”.

Terensia het die nota op sosiale media geplaas in die hoop dat sy die persoon kan opspoor wat so gaaf was om die probleem aan haar uit te wys op so manier.

“Ek sal graag wil hê die persoon wat dit gedoen het, moet dit raaksien. Ek dink ons kort meer sulke mense wat van hulle tyd vat om uit te kyk vir ander mense wat hulle glad nie ken nie,” het Terensia gesê.

Die reaksie op sosiale media was oorweldigend en het oor die 400 ‘duime op’ gekry.

Een inwoner, Alison van Staden het gesê: “Dit wys net dat daar nog goeie mense daar buite is,” en Victorine Dempsey het ook kommentaar gelewer: “Daar is baie goeie mense daar buite. God sëen die toevallige vreemdeling in oormaat.”

 

Terensia sê dat daar niemand naby was toe sy die nota gelees het nie en dat die persoon regtig net die tyd geneem het om haar te laat weet. “Ek is bewus dat die band ʼn lekplek het en ons het gewag vir nuwes. Ek wil net vir die persoon dankie sê dat hy of sy die tyd gevat het om seker te maak ek is veilig op die pad,” het Terensia afgesluit.

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button