Local newsNews

Manne takel self Beitstraat se riool

Na dae se gewag vir di emunisipaliteit om ’n drein oop te maak, het plaaslike inwoners self ingespring en dit reggemaak.

Riool wat al drie weke lank in Beitstraat vloei, is deur inwoners self reggemaak.

Op Donderdag, 16 Maart het Frik van Dyk, Charl Smit en Frans van den Heever self ingespring en die verstopte drein in Beitstraat oopgemaak.

“Die riool stroom al drie weke lank. Ons het op ’n punt begin en die pyp gevolg. Die rioolpyp ’n entjie verder was kurkdroog. Ons het na die boonste drein toe gegaan en vandaar af begin om die verstopte pyp oop te maak,” het Van Dyk verduidelik.

Hy het sy eie toerusting gebruik vir die taak.

Pieter van der Nest wys na die mangat sonder die deksel waaroor inwoners nou lankal kla.

Hy het na die pad gewys en verduidelik as gevolg van die verstopping het die teer om die tweede drein stuk-stuk afgebreek en die pad ‘spog’ nou met ’n splinternuwe slaggat.

Net ’n entjie verder het Pieter van der Nest ’n drein uitgewys waarvan die deksel in die mangat geval het.

“Ons het dié ook vir die munisipale werkers gewys wat vroeër hier was, maar dit is net geïgnoreer.”

Die munisipaliteit is genader vir kommentaar, maar het teen druktyd nog nie terugvoer gegee nie.

Gesels met ons.

Jy kan ons e-pos op info@witbanknews.co.za, ons skakel by 013 656 2490 of ons op sosiale netwerke volg: webtuiste www.witbanknews.co.za, Facebook, Twitter of Instagram.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button