News

Brandweerlegende se begrafnis Woensdag

Oom Danie was ’n legende en ’n mentor vir baie gewees.

Die begrafnis van mnr. Danie Jansen vind môre plaas.

Oom Danie, soos hy alom bekend gestaan het, se gedenkdiens vind Woensdag, 19 April om 11:00 vanuit die Elishama Gesinsgemeente plaas.

Dié kerk is op Plot 115, Olifants Kromdraai.

Pastoor Arie Jacobs gaan die diens waarneem.

Oom Danie (72) is op Goeie Vrydag in Witbank Hospitaal oorlede.

Hy was tot met sy aftrede in 2016 die plaaslike munisipaliteit se brandvoorkomingsoffisier. Hy was 38 jaar lank werksaam by Emalahleni Brandweerstasie.

Hy laat sy vrou, Leonie, sy suster me. Bessie Nel, ses kinders, vier skoondogters en 15 kleinkinders agter.

“Ons wil graag almal bedank wat ons die afgelope tyd gehelp het. Dankie vir die gebede, boodskappe en oproepe,” was die boodskap van die familie af.

Hoe onthou jy vir Oom Danie?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button